8230. Genade Onberskryflik Groot Het

1 ’Genade onbeskryflik groot
het U aan my bewys
verlore seun ’n wegloopkind
weer in die vaderhuis !

2 Ek is die naam van kind nie werd
wou self my sake reël.
My lewe, kanse, tyd en geld
is nutteloos verspeel.

3 Maar U sien ver, oneindig ver.
U sien my honger, dors.
Want toe ek kom, my skuld bely,
druk U my aan die bors.

4 Genade onbeskryflik groot:
daar’s fees, ek is weer tuis!
U Seun bring my—verlore mens
weer na die vaderhuis.

5 En jy, ou maat, daar eenkant weg?
Lyk of jy honger ly.
Kom na die Vader; kom maak reg.
Genade maak weer vry.

Text Information
First Line: ’Genade onbeskryflik groot
Title: Genade Onberskryflik Groot Het
English Title: Amazing grace, how sweet the sound
Author: John Newton
Language: Afrikaans
Source: Vertaler onbekend
Copyright: Public Domain
Tune Information
Name: [’Genade onbeskryflik groot]
Key: G Major
Source: Virginia Harmony, 1831
Copyright: Public Domain



Media
Adobe Acrobat image: PDF
MIDI file: Midi
Noteworthy Composer score: Noteworthy Composer Score
More media are available on the tune authority page.

Suggestions or corrections? Contact us